Tiger I-tenk

Panzerkampfwagen VI Tiger Ausf. E

'n Tiger I in die noorde van Frankryk, Maart 1944
Tipe Swaartenk
Oorsprong Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Diensgeskiedenis
In gebruik 1942–1945
Oorloë Tweede Wêreldoorlog
Produksiegeskiedenis
Ontwerper Erwin Aders
Henschel & Son
Ontwerp 1938–1941
Vervaardiger Henschel & Son
Koste per eenheid 250 800 RM[1][nota 1]
Vervaardig 1942–1944
Aantal gebou 1 347[nota 2][2]
Spesifikasie (RfRuK VK 4501H Ausf.E, Blatt: G-330)
Massa 54 t[3]
57 t (Ausf. E)[4] (gevegsmassa)[5]
Lengte 6,316 m
8,45 m kanonloop vorentoe
Wydte 3,56 m
Hoogte 3,0 m
Bemanning 5 (bevelvoerder, kanonnier, laaier, drywer, radio-operateur)

Pantser
25–120 mm[6][7]
Primêre
bewapening
1× 8,8 cm KwK 36 L/56
92 pantserdeurdringing- en hoëplofkragprojektiele
Sekondêre
bewapening
2× 7,92 mm MG 34
4 500 patrone
4 800 patrone (Ausf. E)[8]
Enjin Maybach HL230 P45 V-12
Enjinlewering 700 PS (690 pk, 515 kW)
Krag/massa 13 PS (9,5 kW) / ton
Suspensie Wringstaaf
Grondvryhoogte 0,47 m
Brandstofkapasiteit 540 liter
Operasionele
bereik
Pad: 195 km[4]
Veld: 110 km[4]
Snelheid Maksimum, pad: 45 km/h[9]
volgehou, pad: 40 km/h[4]
veld: 20–25 km/h[4]

Die Tiger I is 'n Duitse swaartenk wat in die Tweede Wêreldoorlog gebruik is. Dit het diens gedoen op die front in Noord-Afrika asook Europa, gewoonlik in onafhanklike swaartenkbataljons. Die tenk se amptelik naam is: Panzerkampfwagen VI Tiger Ausf. E, verkort tot Tiger. Die Tiger I is die Duitse weermag se eerste pantsergevegsvoertuig wat toegerus was met die 8,8 cm KwK 36-kanon wat ontwikkel is van die 8,8 cm Flak 36-lugafweerkanon. Vanaf Augustus 1942 tot Augustus 1944 is daar 1 347 van die tenks gebou.[10] Na Augustus 1944 is die Tiger II bo die Tiger I verkies.

Die Tiger I se ontwerp is as buitengewoon vir sy tyd beskou,[11] tog was dit oorontwerp,[12] omrede duur materiaal gebruik is en produksie arbeidsintensief was. Die Tiger se swakheid was die rusperbande wat gereeld gebreek het en sy togafstand was beperk weens sy hoë brandstofverbruik. Die tenk was duur om te onderhou, maar meganies betroubaar.[13] Dit was moeilik om die tenk te vervoer en dit is gou tot stilstand gedwing wanneer ys, modder en sneeu tussen die oorvleulende, tussengelaagde Schachtellaufwerk-patroon padwiele gekom het. Soms was die blokkasie van so 'n aard dat die wiele glad nie wou beweeg nie. Hierdie was 'n probleem wat veral op die oos-front in Oos-Europa ondervind is, gedurende die rasputitsa-seisoen en tydperke van uiterste koue.

Die bynaam van Tiger is deur Ferdinand Porsche geskep en die romeinse syfer is eers bygevoeg nadat die Tiger II in produksie gekom het. Die aanvanklike naam was Panzerkampfwagen VI Ausführung H, letterlik Pantser Gevegsvoertuig VI weergawe H, afgekort tot PzKpfw VI Ausf. H waar die 'H' Henschel & Son voorstel, wat die ontwerper en vervaardiger was. Dit is in Maart 1943 herklassifiseer as PzKpfw VI Ausf. E met voorraadverwysing Sd.Kfz. 181.

Wêreldwyd is daar tans slegs sewe Tiger I-tenks oor in museums en privaatversamelings. Tiger 131, wat tydens die Noord-Afrika offensief verower is, behoort aan die Bovington Tenkmuseum en is die enigste werkende model.

  1. Zetterling 2000, p. 61.
  2. Jentz & Doyle 1993, pp. 11–13.
  3. Jentz & Doyle 2000, p. 177.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Jentz & Doyle 2000, p. 179.
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Tiger Tanks at War Pg20
  6. Jentz & Doyle 1993, pp. 8, 16.
  7. Hart 2007, p. 17.
  8. Jentz & Doyle 2000, p. 182.
  9. Jentz & Doyle 2000, p. 181.
  10. Trewhitt, Philip A. (1999). Armored Fighting Vehicles. Barnes & Noble. p. 26. ISBN 0-7607-1260-3.
  11. Bishop 2002, p. 9.
  12. Tucker-Jones 2012, p. 7.
  13. Drabkin & Sheremet 2006:43


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search